WASGOEDBONDELTJIES

15 ml olie
2 uie, gekap
2 knoffelhuisies, gekneus
750 g maalvleis
2-3 aartappels, in blokkies
3 ml fyn gemmer
1 ml fyn naeltjies
5 ml fyn koljander
2 tamaties, geskil + gekap
7 ml sout
varsgemaalde swartpeper
30 ml asyn
125 ml vleisaftreksel

Verhit olie en soteer uie en knoffel tot sag en deurskynend.  Voeg die vleis en braai tot ligbruin.  Voeg die res van die bestanddele by.  Plaas deksel op pot en prut 45 minute tot 1 uur lank tot gaar.

Deeg:
560 ml koekmeel
5 ml bakpoeier
3 ml sout
190 gerasperde Cheddarkaas
115 g botter
75 ml koue water
heel kruienaeltjies
olie vir diepvetbraai

Sif koekmeel, bakpoeier en sout saam.  Voeg kaas by en meng dit goed.  Vryf botter met die vingerpunte by die koekmeel in.  Voeg die water by en vermeng tot maklik hanteerbare deeg.
Rol die deeg 3 mm dik uit en sny in 75mm x 75mm vierkante.  Skep maalvleisvulsel in die middel van elke vierkant.  Vou die punte na mekaar en steek dit vas met ‘n kruienaeltjie of peuselstokkie.  Braai die wasgoedbondeltjies in warm olie tot goudbruin.  Dreineer dit op kombuispapier.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 1,549 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *