YOGURT ROOMYS

Ek was opsoek na ‘n maklike yogurtroomys resep maar kon niks kry nie, toe maak ek my eie en dit was ‘n grootsukses!! Wil dit graag met jul deel!!

 Dankie dat jy jou skepping met ons gedeel het Alida Schultz.
1 Blikkie kondensmelk
1 Houer 250ml vars room
250ml (of meer) yogurt
 METODE
Meng alles saam en gooi in roomysbak. Plaas in vrieskas en roer na 30min. Laat stol en geniet!!
VARIASIES
Vars vrugte wat dieselfde geur as yogurt is kan bygevoeg word, dis heerlik. 
Rasper witmelksjokolade by as vanilje yogurt gebruik word.
Dubbel hoeveelheid yogurt en dieselfde hoeveelheid room of idealmelk kan gebruik word en die kondensmelk bly dan by 1 Blikkie dan is die roomys nie so soet nie.
Hoop jul geniet my resep!!!
Print Friendly, PDF & Email
(Visited 608 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *