Cowboy pasta


Dankie Sanet vir die resep.
Hierdie behoort ‘n grootmaat resep te wees. As ek so met die oog skat behoort mens maklik so 20 mense hiermee te kan kos gee.
 Hierdie gereg kan binne 30 minute voorberei word en is ideaal as al die vleis al op is.
 . 2 kg Pasta
 . 4 teelepels sout (vir pasta)
 . 5 blikkies boeliebief (in klein blokkies gesny)
 . 3 blikkies tamatie-en-uies­moor
 . 3 blikkies pitmielies of geroomde suikermielies
 . 4 uie en groen rissie in repies gesny (opsioneel – braai apart in olie)
 . sout, peper en ander smaakmiddels
 Kook pasta gaar. Voeg alles daarby in en laat deurwarm word vir nog 15 minute. Bedien dadelik.
Print Friendly, PDF & Email
(Visited 268 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *