CREMORA­-TERT MET N VERSKIL:

Dis ‘n wenner resep en moet hom deel—»

1/2 kop Kookwater
250 g Cremora
1 Blik Kondensmelk
1/2 Kop Suurlemoensap
500g Yoghurt (Black Forrest)
1pak Rooi Jellie
1pak Marie Beskuitjies (fyngemaak en met gesmelte botter gemeng)

Metode:
Meng Cremora goed met kookwater en sit in yskas tot heeltemal afgekoel.
Klits tot styf en romerig.
Gooi Kondensmelk en suurlemoen sap by en klits goed.
Maak intussen jellie aan en laat afkoel maar nie stol nie. Soos per aanwysings op die pakkie.
Meng yogurt en jellie by kondensmelk mengsel en gooi oor koekie kors.
Breek flake bo-oor vir versiering.
(Mense het al gedink dit is kaaskoek so lekker is hierdie en dit is heerlike maklik en goedkoop.)

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 3,476 times, 1 visits today)
Advertisements
 

2 thoughts on “CREMORA­-TERT MET N VERSKIL:”

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *