HAWAIIESE KERRIEHOENDER

25 ml droë klapper                                     
10 ml bruinsuiker
285 ml melk                                                   
285 ml hoenderaftreksel
1 kg gaar hoender, in stukkies gesny                            
1 groot ui, fyngekap
 4  ml sout
1 klein, groen gekapte soetrissie              
1 fyngekapte knoffelhuisie
60 ml fyngekapte pynappel
60 g botter/margarien                              
2 tamaties, geskil en pitte
37,5 ml meelblom                                        
 verwyder en gekap
20 – 25 ml kerriepoeier

Week klapper in melk.  Soteer uie, groenrissie en knoffel in botter tot sag en ligbruin.  Roer meel, kerriepoeier, suiker en sout by en meng goed.  Voeg warm aftrekssel geleidelik by en roer totdat dit glad en romerig is.  Voeg melk en klapper by en prut 5 min.  Roer vleis, pynappel en tamaties by.  Plaas mengsel in oondvaste skottel en verhit ongeveer 20min by 165ºC.  Dien op saam met gekookte rys.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 172 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *