HOENDERPASTEI MET SUURROOMKORS

(Uit Knuppeldik)
1 hoender
5 ml fyn neut
8 heel naeltjies
8 peperkorrels
500 ml hoenderaftreksel
125 ml asyn/suurlemoensap
12,5 ml worcestersous
3 geklitste eiers
5 ml aromat
sout na smaak
Kook hoender sag en ontbeen en sny fyn.  Voeg hoenderaftreksel en alles behalwe eiers en aromat oor.  Kook 5 min saam, tel van stoof af, roer eiers by en skep in pasteiskottel.  Strooi aromat oor en laat afkoel. Sit kors bo-oor en bak tot ligbruin.
Kors:
Maak vorige dag en hou in koelkas:
230 g margarien
240 g meelblom (2k)
sout
250 ml suurroom
5 ml bakpoeier
Rasper margarien in suurroom.  Voeg meel, bakpoeier en knippie sout by.  Meng goed.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 323 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *