MOESSAKA

Bestanddele
2 middelslag eiervrugte
6 middelslag aartappels
sonneblomolie
2 middelslag uie
1 kg maer gemaalde beesvleis
2 knoffelhuisies
1 blik (410-g) tamatiesop
5 ml sout
1 ml peper
250 ml melk
15 ml botter
15 ml koekmeel
2 eiers
125 ml gerasperde kaas

Metode
Skil en sny eiervrugte in dunnerige skywe.  Laat dit ‘n rukkie lank in koue soutwater lê.  Skil en sny die aartappels oorlangs in plat skywe.  Braai die skywe aan weerskante in warm, vlak sonneblomolie totdat dit begin verbruin.  Dreineer die skywe op papierhanddoek.  Rangskik die helfte van die aartappelskywe op die boom van ‘n groot oondvaste bak.   Skil en kap die uie.  Soteer dit in ‘n bietjie olie in ‘n groot swaarboomkastrol.  Voeg die maalvleis by, roer dit los met ‘n groot tweetandvurk en roerbraai dit ‘n rukkie tot droog.  Skil en kneus die knoffel.  Voeg die knoffel, tamatiesop, sout en peper by die vleis en roer dit gereeld met ‘n houtlepel en laat dit deurkook.  Skep die vleismengsel op die aartappelskywe in die bak.

Droog die eiervrugskywe met papierhanddoek af.  Braai ‘n paar skywe op ‘n keer aan weerskante in warm, vlak olie net tot gaar.  Dreineer die skywe op papierhanddoek.  Rangskik die eiervrugskywe oor die vleismengsel.   Maak ‘n witsous van die smeer, meel en melk.  Klits die eiers en meng dit vinnig met die witsous.  (Die sous kry nie smaakmiddels is nie.)

Giet die witsous oor die eiervruglaag en strooi die kaas oor.  Rangskik die res van die aartappelskywe bo-op.  Bak die moessaka 45 – 60 minute by 180ºC.  Sit warm voor.  Lewer 6 – 8 porsies.

Giet die witsous oor die eiervruglaag en strooi die kaas oor.  Rangskik die res van die aartappelskywe bo-op.  Bak die moessaka 45 – 60 minute by 180ºC.  Sit warm voor.  Lewer 6 – 8 porsies.Skil en sny eiervrugte in dunnerige skywe.  Laat dit ‘n rukkie lank in koue soutwater lê.  Skil en sny die aartappels oorlangs in plat skywe.  Braai die skywe aan weerskante in warm, vlak sonneblomolie totdat dit begin verbruin.  Dreineer die skywe op papierhanddoek.  Rangskik die helfte van die aartappelskywe op die boom van ‘n groot oondvaste bak.   Skil en kap die uie.  Soteer dit in ‘n bietjie olie in ‘n groot swaarboomkastrol.  Voeg die maalvleis by, roer dit los met ‘n groot tweetandvurk en roerbraai dit ‘n rukkie tot droog.  Skil en kneus die knoffel.  Voeg die knoffel, tamatiesop, sout en peper by die vleis en roer dit gereeld met ‘n houtlepel en laat dit deurkook.  Skep die vleismengsel op die aartappelskywe in die bak.

Droog die eiervrugskywe met papierhanddoek af.  Braai ‘n paar skywe op ‘n keer aan weerskante in warm, vlak olie net tot gaar.  Dreineer die skywe op papierhanddoek.  Rangskik die eiervrugskywe oor die vleismengsel.   Maak ‘n witsous van die smeer, meel en melk.  Klits die eiers en meng dit vinnig met die witsous.  (Die sous kry nie smaakmiddels is nie.)

Giet die witsous oor die eiervruglaag en strooi die kaas oor.  Rangskik die res van die aartappelskywe bo-op.  Bak die moessaka 45 – 60 minute by 180ºC.  Sit warm voor.  Lewer 6 – 8 porsies.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 166 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *