ROLO KOLWYNTJIES

 

 

 Elmarie Van Der Schyff.
 125 ml melk
 45 ml kakao
 125 ml olie
 4 eiers
 250 ml strooisuiker
 5 ml vanielje
 437 ml koekmeel
 10 ml bakpoeier
 Knypie sout
 100 gr ( 2x 50 gr stafies) Rolo’s
 VERSIERSEL
 397 gr karamelkondensm­elk
 125 ml room
 Stel oond op 180C.
 Verhit melk en roer kakao by tot goed gemeng.
 Roer dan die olie by. Klits eiers en strooisuiker tot liggeel en klits vanielje by. Sif meel, bakpoeier, en sout. Meng dan kakao mengsel en meelmengsel beurtelings by die eiermengsel. Spuit muffinpannetjie­s met Spray n Cook skep holtes nie meer as ? vol beslag nie. Druk dan een Rolo in die middle tot dit nie meer sigbaar is nie.
 Bak vir 15 minute of tot ferm in die middel.
 VERSIERSEL
 Roer kondensmalk tot glad. Klits room styf en roer by kondensmelk in. Skep versiersel op elke kolwyntjie. Maak 20 kolwyntjies
Print Friendly, PDF & Email
(Visited 316 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *