VINNIGE BRAAIBROODJIES:

Dankie vir jou resep Alida Schultz
Sampioen braai brood
Benodighede:
Swartsampioene
Uie
Kaas
Witsous
Brood
Botter(vir smeer van brood)
Sout en peper na smaak.
Metode:
Smeer snytjiesbrood botter. Braai uie en sampioene tot goudbruin. Maak witsous (gewoone met melk en koekmeel) redelik duk. Dit moet soos slappap lyk. Meng met uie en sampioene. Skep lekker groot lepelsvol op oopbroodjies. Strooi kaas bo-oor en bak in matige oond tot kaas goudbruin. (Kan ook op vuur gedoen word.)
Variasies:
Aspersiebrood:
Gebruik 1 blik aspersies i.p.v sampioene. sny aspersies net in stukke en meng met witsous.
Spekbrood:
Gesnipperde ontbytspek. Braai lekker bros en meng met witsous.
Groenpeper en tamatiebrood:
Braai gekerfde groenpeper en tamatieblokkies saam met uie en meng met witsous.(heerlik as mens ‘n bietjie bladjang byvoeg)
Mieliebrood:
Meng 1 blik mieliepitte met witsous.
Hierdie resep kan mens aanpas met vele meer en net die basis hou, dan kan jy enige iets byvoeg, dis heerliken maklik saam met braaivleis of sommer net vir ‘n vinnige middagete broodjie. Ek maak verskillendessoorte en dan kan elkeen kies wat hul van hou.
Print Friendly, PDF & Email
(Visited 714 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *