WARMMELKSPONSKOEK

 

 

(TUISNYWERHEID: SAARTJIE BASSON)
4 ekstragroot eiers                                                
375 ml suiker
5 ml vanieljegeursel                                             
500 ml  koekmeel
2 ml sout                                                                   
15 ml bakpoeier
125 ml melk                                                              
125 ml water
25 ml olie                                                                   
125 g margarien
Vulsel:
250 ml klapper                                                        
250 ml suiker
125 ml melk                                                               
 3 eiergele
Versiersel:
500 g versiersuiker                                                
125 g margarien
5 ml vanieljegeursel                                             
200 ml kraanwater
Variasie:  Malvaversiersel
300 ml suiker                                                           
125 ml water
3 eierwitte                                                                
kleursel en geursel
Stel oond op 190ºC.  Klits eiers, suiker en vanieljegeursel 5 minute lank.  Sif meel, sout en bakpoeier saam en vou in eiermengsel met ‘n metaallepel.
Verhit melk, water, olie en margarien saam tot voor kookpunt en roer dit deeglik by bogenoemde mengsel in wanneer margarien gesmelt het.  Plaas botterpapier/waspapier op boden van 2 koekpanne van 24cm deursnee en 10 cm hoog en giet mengsel daarin.  Bak die koek 25 – 30 minute lank.  Wanneer die koek uit die oond kom, maak die kante los met ‘n slaplemmes en laat die koek in die pan koud word voordat u dit uitkeer.
Kook al die bestanddele vir die vulsel 5 minute lank saam oor stadige hitte en roer gedurig.  Smeer tussen koeklae.
Kook al die verstanddele vir die versiersel saam tot lig en romerig en versier koek daarmee.
Malvaversiersel :
Los suiker in water op in ‘n kastrol op die stoof.  Kook dan vinnig 5 – 6 minute lank sonder om te roer.  Indien die mengsel verkleur het dit te lank gekook.
Klits eierwitte styf met elektriese handklitser wat op hoë spoed gestel is.  Haal stroop van stoof af.  Laat borreltjies eers verdwyn en voeg die stroop nou geleidelik by die eierwit terwyl aanhoudend geklits word.  Voeg laastens 5 ml kleursel by, asook geursel na smaak.
Variasie:  Koffiekoek   Voeg 12,5 ml fyn koffiepoeier by die meelmengsel.  Vir die versiersel moet die vanieljegeursel met 5 ml fyn koffiepoeier vervang word.
Variasie:  Lemoenkoek   Vervang water + melk met vars lemoensap en rasper 1 lemoen se skil by eiermengsel.  Versiersel: vervang geursel met lemoengeursel en water deur lemoensap.
Variasie:  Sjokoladekoek   Gebruik 375 ml koekmeel en 125 ml kakao i.p.v. 500 ml koekmeel.  Vir versiersel moet 125 ml kakao en 5 ml fyn koffiepoeier bygevoeg word.
Variasie:  Speserykoek   Voeg by die meel:  5ml gemaalde kaneel, 2 ml gemaalde naeltjies, 2 ml gemengde speserye, 25 ml koffiepoeier.  Vir versiersel, voeg by 5 ml kaneel, 2 ml naeltjies, 2 ml gemengde speserye en 5 ml koffiepoeier.
Print Friendly, PDF & Email
(Visited 122 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *