Aartappel Souttert


  Bestanddele:
 440g warm fynaartappels (500 ml)
 2g sout (2 ml)
 45g botter (50 ml)
 8g bakpoeier (10 ml)
 2 eiers – geklop
 Voorbereidingsm­etode:
 Meng die warm aartappels,
 sout en botter.
 Laat koud word en roer
 die bakpoeier en eier by.
 Roer tot glad.
 Voer `n langwerpige
 tertbak met die mengsel
 uit en vul met die volgende vulsel:
 Bestanddele:
 250g ham of koue soutvleis – grof gekap
 80g gerasperde kaas (250 ml)
 3 hardgekookte eiers – fyngekap
 2 eiers
 250ml melk
 2g sout (2 ml)
 500mg peper (1 ml)
 Voorbereidingsm­etode:
 Meng die vleis,kaas en hardgekookte
 eiers en skep dit in die aartappelkors.
 Klop die eier, melk, sout en peper en giet bo-oor.
 Bak 180° C, 30 min. tot goudbruin en gaar.
Print Friendly, PDF & Email
(Visited 165 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *