Bruinrys- Pannekoek


Dankie vir die interessante resep Jan van Niekerk
1 ½ Koppie gaar bruinrys heeltemal afgekoel
500 ml Karringmelk
500 ml Nutty Wheat
3 ml Sout
3 Eiers
3 ml Bakpoeier
3 ml Koeksoda
Metode:
Maak die rys fyn met ‘n aartappeldrukker. Meng die ander bestanddele by en klits tot ‘n romerige beslag. Verhit ‘n bietjie olie in ‘n braaipan op medium hitte en skep ‘n ¼ koppie beslag op ‘n keer in die pan. Braai 1 ½ minuut aan die een kant, keer om en braai 1 minuut aan die ander kant. Beslag lewer 12 pannekoeke.
Print Friendly, PDF & Email
(Visited 84 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *