Eier en Hampotbrood


Dankie vir die resep Jan van niekerk

Jan het aan my meegedeel dat hy op pensioen is en nie heeldag kan sit en niks doen nie. So nou kook hy in hulle huis. As ek so na die resepte kyk kan ek sien dat Jan sy nuwe beroep as kok ernstig opneem.
1 kg Koekmeel
1 Liter louwarm water
1 Pakkie kitsgis
5 ml Sout
20 ml Suurlemoensap
30 ml Sonneblomolie
1 Klein Potjie Marmite
250 g Ham in klein blokkies gesny
4 Ekstr groot eiers
50 ml Brandewyn
Metode:
Meng die meel en gis saam. Klits die eiers en brandwyn saam, meng die ham by en voeg by die meel. Los die marmite in die water op, voeg die sout, suurlemoensap en olie by en roer goed deur. Giet oor die meel en knie vir 20 minute goed deur. Plaas in ‘n no.4 pot en laat rys 40 minute op ‘n warm plek. Bak oor matige kole met ‘n paar kole op die deksel vir 1 uur. Lewer 30 snye. Bedien met Advokadopeersmeer.
Advokadopeersmeer
2 Advokadopere
10 ml Varsgemaalde swartpeper
5 ml Sout
30 ml Suurlemoensap
Metode:
Skil die advokadopere en skep die cleis uit, Maak goed fyn met ‘n vurk. Voeg die res by en meng deur. Bedien saam met brood.
(Visited 72 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui