Geurige Gevulde Aartappels


Dankie vir die resep Jan.

Jan sê “ Ek stuur sommer ‘n lekker gevulde aartappel resep vir die aand as jy nie so honger is nie, maar tog iets lekkers wil eet. “
4 Groot aartappels
5 ml Sout
5 ml Varsgemaalde knoffel
1 Pakkie Spek en Sampioen sous
125 g Spek, bros gebraai
125 g Sampioene in skyfies gesny en gebraai
½ Koppie suikermielies
1 Koppie gerasperde kaas
Metode:
Kook die aartappels in die die skil vir 15 minute. Sny die aartappel s in die dwarste deur en skep die helfte van die vleis uit en maak lekker fyn. Maaak ‘n pakkie spek en sampioengeur sous aan volgens die instruksies. Meng die sous, sampioene, spek, mielies  ks en die aartappels saam. Skep in die holtes en plaas in voorverhitte oond by 180°C vir 15 minute. Lewer 4 porsies. Bedien as ligte aandete met ‘n groenslaai.
Print Friendly, PDF & Email
(Visited 2,667 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *