Heerlike Kerrievis


Dankie vir jou resep Jan van Niekerk
Sous:
750 ml Witasyn
4 Groot uie in ringe gesny
500 ml Water
750 ml Bruinsuiker
30 ml Kerrie
10 ml Borrie
10 ml Sout
5 ml Fyn gemmer
20 Heel Swartpeperkorrels
45 ml Bruin uiesoppoeier met bietjie water gemeng om pasta te vorm
1 ½ kg Stokvisfilette (Vars of gevries)
100 ml Meelblom
100 ml Olie vir vlakbraai
Metode:
Sny die vis in 10 cm stukkies. Rol in die meel verhit die olie in ‘n braaipan en braai die vis tot gaar. Dreineer op kombuispapier. Braai die uieringe sag in swaarboompan en meng al die bestanddele, behalwe soppoeier, vir die sous saam en voeg by die uie. Prut onbedek vir 5 minute. Voeg die soppoeier by en prut nog vyf minute tot die sous verdik. Plaas die vis in die sous en roer versigtig deur. Prut vyf minute en laat afkoel. Skep in glasbak en bêre in die yskas tot gebruik. Heerlik saam met varsgebakte brood en botter.
Brood
1 kg Broodmeel
1 Pakkie kitsgis
750 ml Louwater
5 ml Sout
20 ml Suiker
20 ml Suurlemoensap
20 ml Olie
50 ml Botter
Metode:
Meng die meel en gis saam in ‘n groot mengbak. Gooi die sout, suiker, suurlemoensap en olie by die lou water en roer tot sout en suiker opgelos het. Giet dit by die meel en knie goed deur, so 20 minute. Knie die botter in die brood in. Bedek met ‘n tafeldoek en laat 40 minute rys. Knie die deeg af en plaas in goedgesmeerde broodpan. Bak in voorverhitte oond by 180°C vir 1 uur.
Print Friendly, PDF & Email
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *