Kerrievis met Klapper


Baie dankie Jan
500 g Ontvelde stokvisfilette
3 ml Sout
3 ml Varsgemaalde swartpeper
15 ml Sonneblomolie
1 Gekapte ui
5 ml Fyngekapte vars gemmer
15 ml Mild & Spice Kerriepoeier
5 ml Borrie
1 Pakkie Room van Tamatiesoppoeier
200 ml Water
200 ml Klappermelk
50 ml Tamatiepasta
15 ml Fyn Koljander
20 ml Vrugte blatjang
Metode:
Verhit die olie in ‘n braaipan. Plaas die gemmer, koljander, Kerrie en borrie in die pan en braai vir 1 minuut terwyl aanhoudend geroer word. Meng die soppoeier met die water en klappermelk en giet dit in die pan. Roer die tamatiepasta en blatjang by en prut tot die sous verdik. Geur die vis met die sout en peper en plaas in ‘n oondpan. Giet die kerriesous oor die vis. Bak onbedek in voorverhitte oond by 180°C vir 30 minute.  Bedien met lekker vars brood en botter. Lewer 4 porsies
Print Friendly, PDF & Email
(Visited 125 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *