Kreefkerrie

Dankie vir jou resep Jan van Niekerk
10 Kreefsterte
Sous:
20 ml Kerrie
10 ml Knoffelsout
20 ml Olyfolie
5 ml Peper
5 ml Borrie
50 ml Worcestersous
50 ml Blatjang
5 ml Sout
Metode:
Meng al die bestanddele vir die sous en plaas die sterte daarin. Laat mariner vir 3 ure. Haal die sterte uit en braai oor matige kole vir 12 minute, terwyl ‘n paar keer gedraai word en kort-kort met die sous bestryk word.

Peperbrood
2 ½ kg Koekmeel

½ Botteltjie groenpeperkorrels
2 k Room
2 l Louwarm water
10 ml Sout
2 Eiers
2 Pakkies kitsgis
Metode:
Sif die meel, sout en gis saam. Meng die peperkorrels in. Klits die eiers en meng met die room. Gooi die roommengsel by die meel en dan die louwater. Knie die deeg vir 20 minute tot lekker elasties. Plaas in no. 6 platpot en laat op warm plek rys vir 40 minute. Bak oor matige kole, met ‘n paar kole op die deksel, vir 60 minute. Bedien met lekker kreefkerrie.
Print Friendly, PDF & Email
(Visited 436 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *