Maak jou eie Muesli


Baie dankie vir jou resep Jan van Niekerk
325 ml SASKO spysverterings-semels (125g)
250 ml SASKO Gemaalde koring (125g)
600 ml Oats (250g)
300 ml Klapper (100g) (Opsioneel)
30 ml Sesamsaad
300 ml Gekapte neute
15 ml Heuning
125 ml olyfolie
125 ml Korinte of pitlose saltanas
Metode:
Meng die eerste ses droë bestanddele saam. Meng die heuning en olie saaam en vryf dit by die droë mengsel in. Versprei die mengsel eweredig in ‘n oondpan. Bak vir 30 minute in voorverhitte oond by 150°C tot goudbruin. Roer die mengsel elke 10 minute goed deur. Haal uit die oond en laat goed afkoel. Roer die rosyne by. Geniet met warm of koue melk. Indien koue melk gebruik word, sny ‘n piesang by.
Gesonde idees:
1 Roer 25 ml Spysvetteringssemels by jou ontbytpap.
2 Roer 25 ml Spysverteringssemels by ‘n bakkie yogurt.
3 Meng 150 ml Spysverteringssemels by jou meel wanneer jy brood of beskuit bak.
4. Meng 100 ml Spysverteringssemels by jou maalvleis geregte in.
Print Friendly, PDF & Email
(Visited 772 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *