Makaroni en kaas met spek


Dankie vir jou resep Jan van Niekerk
500 ml Makaroni
5 ml Sout
15 ml Olyfolie
20 ml Olyfolie
50 ml Botter
50 ml Koekmeel
2 ½ Koppie melk
5 ml Aangemaakte Engelse mosterd
3 ml Sout
2 Koppies gerasperde Cheddarkaas
5 ml Witpeper
10 Kersietamaties, gehalveer
250 g Streepspek
Metode:
Kook die macaroni in die 5 ml sout en water met die 15 ml Olyfolie vir 12 minute. Dreineer en roer die 20 ml olyfolie in en hou eenkant. Smelt die botter in ‘n swaarboomkastrol en roer die meel stadig by en roer vir 3 minute. Verlaag die hitte. Gebruik ‘n handklitser en roer die melk bietjie vir bietjie by. Roer tot dit verdik en  verwyder van die hitte. Roer die mosterd, kaas, sout en peper by tot kaas gesmelt het.. Sny intussen die spek in klein stukkies en braai tot bros. Roer die sous, spek en tamaties  by die macaroni in. Lewer 6 porsies.
Print Friendly, PDF & Email
(Visited 128 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *