Patat Gebak

Dankie vir jou resep Charlene

BESTANDDELE
1 Rol puff pastry (ontvries)
2 Groot patats
10ml Kaneel
1 Houertjie room
125ml Bruinsuiker

METODE
Kook die patats tot sag in water met kaneel.
Druk patat fyn en laat afkoel.
Rol deeg uit en smeer patat oor deeg.
Rol deeg in breedte op.
Sit in yskas totdat dit hard raak. Sny in skuiwe en sit dit in bak wat gespuit is.
Voeg suiker by room en verhit in mikrogolf vir ‘n paar sekondes en roer om suiker op te los.
Gooi room mengsel oor die patatrolle.
Bak in oond vir 40minute by 180ºC.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 13,123 times, 1 visits today)
Advertisements

3 thoughts on “Patat Gebak”

  1. More

    Ek moet patatrol maak vir 190 mense. Kan ek dit vooraf maak en vries en dan bak n dag of twee voor die tyd?? Hoe maak ek dit weer warm?

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *