Prei Pastei


Nog ‘n meesterstuk van Jan van Niekerk
1 Rol pasteideegIets
2 Teelepels margerien
6 Preie, gekap
1 Ui, gekap
3 ml Sout
5 ml Varsgemaalde swartpeper
1 Pakkie KNORR Roasted Vegetable Bake
1 Koppie vars room
1 Koppie gerasperde Emmental kaas
¼ Koppie gekrummeldebloukaas
Metode:
Voer ‘n pasteibak uit met die deeg en sny die rante af. Smelt die margerien in ‘n groot braaipan oor lae hitte. Voeg die prei en ui by en soteer vir 10 minute tot sag. Voeg die sout en peper by en verlaag die hitte. Voeg die KNORR Roasted Vegetable Bake asook die room by en roer deur. Verhit tot deurwarm en die sous verdik. Verwyder van die hitte en voeg die emmental kaas by. Skep die gereg in die tertbak en sprinkle die bloukaas oor. Bak in voorverhitte oond by 160°C vir 30 minute. Laat staan vir 10 minute en sny in porsies.
Print Friendly, PDF & Email
(Visited 245 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *