SPOGGERIGE SKOUKOEK:

4 ekstra groot eiers                                               
2 k strooisuiker
60 g margarien                                                        
1 k melk
2 k bruismeel                                                           
knippie sout
1 t vanielje
Verhit oond tot 180ºC.  Klits eiers 5 minute lank.  Voeg strooisuiker by en klits 20 minute lank tot dik en sponserig.  Smelt botter in die melk oor lae hitte en hou dit warm op die stoof.  Klits vanieljegeursel by eiermengsel.  Voeg bruismeelmengsel by die eiermengsel.  Moenie roer nie.  Voeg die melkmengsel by.  Vou nou alles liggies saam met ‘n metaallepel tot goed gemeng.   Skep die beslag in gesmeerde koekpanne en bak 20 ‑ 25 minute tot gaar.
Laat koeklae effens afkoel in panne en keer versigtig uit op ‘n afkoelrak om heeltemal koud te word.  Versier soos verkies.  Lewer ‘n groot laagkoek.
Print Friendly, PDF & Email
(Visited 197 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *