Stokvis Bobotie


Dankie vir jou resep Jan van Niekerk
30 ml Margerien
1 ui, fyn gekap
800 g Ontbeende en ontvelde Stokvisfilette
1 Sakkie KNORR Hoener Kerie “Dry Cook-in-Sause
15 ml Suurlemoensap
30 ml Appelkooskonfyt
5 ml Droë pietersielie
2 Snye witbrood in 375 ml melk geweek
2 Eiers
3 Lourierblare
Metode:
Voorverhit die oond tot 180°C. Verhit die olie in ‘n swaarboompan en braai die ui sag. Sny die vis in blokkies en voeg by die ui. En prut 5 minute. Roer die Cook-in-Sause by en braai 5 minute terwyl dit kort-kort geroer word. Voeg die suurlemoensap, appelkoos konfyt en pietersielie by en roer goed deur. Druk die oortollige melk uit die brood en hou die melk eenkant. Breek die brood by die vis en roer deur. Skep die gereg in ‘n pasteibak en bak vir 20 minute. Klits die twee eiers en voeg die melk by. Klop goed deur. Haal die gereg uit die oond, gooi die eier en melk mengsel oor en druk die lourierblare in die vis. Plaas terug in die oond en bak vir 15 minute. Bedien saam met ‘n groen slaai. Lewer 6 tot 8 porsies.
Print Friendly, PDF & Email
(Visited 1,079 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *