Toebroodjiepotbrood


Baie dankie vir die resep Jan van Niekerk
1 kg Bruinbroodmeel
1 Pakkie kitsgis
750 ml Louwarm water
30 ml Suiker
5 ml Sout
30 ml Sonneblomolie
Smeer:
100 ml Tamatiesous en hamsmeer
1 Fyn advokadopeer en 5 ml swartpeper
125 ml Biltongkaassmeer en 100 ml fyn biltong
50 ml Marmite en 100 ml Appelkooskonfyt
Metode:
Meng die meel en gis saam. Voeg die sout, suiker en olie by die water en roer tot suiker opgelos het. Giet oor die meel en knie tot ‘n gladde, elastiese deeg verkry is. Plaas die deeg in ‘n no.4 platboompot en sit die deksel op. Plaas in die son of warm plek om te rys en laat 40 minute rys. Plaas die brood op matige kole en bak vir een uur. Keer die brood uit op ‘n draadrakkie en laat afkoel. Sny die kors bo af. Sny die kors aan die onderkant af. Sny die sagte middeldeel van die brood teen die kors in die rondte mooi uit sonder dat die kors breek. Sny die sagte deel in wiele sodat jy vyf ronde skywe het. Plaas die onderste kors terug in die pot en dan die ronde randkors. Smeer die snye met die bestanddele in die volgorde soos aangegee. Sny in kleiner porsies en pak versigtigtig terug in die kors in die pot. Plaas die boonste kors terug en sit die deksel op. Plaas die pot weer op die vuur met baie min kole en ‘n paar kole op die deksel. Bak vir 10 minute. Bedien warm.
Print Friendly, PDF & Email
(Visited 109 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *