1 Beestong in roomsous

Nog n resep van Jan v Niekerk af
1 Beestong
5ml Sout
20ml Sojasous

Sous
4 Eetlepels gesmelte botter
3 Eetlepels droë mosterd
2 Eetlepels worcestershiresous
1 Koppie vars room
½ Koppie sultanas

Metode:
Kook die tong in soutwater met sojasous tot gaar. En laat afkoel. Trek die vel af en sny in skywe. Meng die mosterd met worcestersous en voeg by die gesmelte botter. Moenie kook nie. Voeg die room en rosyne by en roer goed deur. Pak ‘n laag tongskywe in oondpan en skep van die sous oor. Herhaal die lae tot alles op is.  Plaas in lou-oond en laat staan vir 3 ure.  Moenie laat kook nie. Lewer 4 porsies.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 2,306 times, 2 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *