3 Ertjiesop (Jan)

Nog n resep van Jan v Niekerk
500 ml Droë groen split-ertjies
10 ml Olie
3 Gekapte uie
5 ml Gemaalde knoffel
10 ml Gemengde kruie
2 Blokkies hoenderaftreksel
3 l Water
300 g Gevriesde ertjies
1 Blik gemengde groente
30 ml Ertjiemeel
15 ml Maizena
250 ml Gerookte hoenderborsie
10 ml Sout
30 ml Worcestersous
10 ml Varsgemaalde swartpeper
Metode:
Week die ertjies oornag in koue water. Dreineer water en plaas in kastrol. Voeg die water by. Kook vir 3 ure tot sag. Verhit die olie in ‘n pan en braai die ui en knoffel vir 3 minute. Voeg die gemengde kruie by en braai 2 minute. Skep dit by die ertjies in kastrol. Voeg die aftreksel by en bring tot kookpunt. Voeg die gevriesde ertjies, sout, worcestersous en peper by en prut vir 10 minute. Verlaag die hitte en prut vir 30 minute. Gooi die blikkie groente by.  Voeg die gerookte hoenderborsies en ertjiemeel by en prut vir 15 minute. Maak die maizena aan met bietjie koue water en voeg by die sop. Prut vir 15 minute en bedien. Lewer 8 ruim porsies.
Print Friendly, PDF & Email
(Visited 676 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *