800 gr aartappels
1/2 teelepel sout
Knippie swartpeper
2 eetlepels olyfolie
1 eetlepel botter
8 skyfies spek
1 1/4 koppie grof gerasperde murgpampoentjie *baby marrows*
1 medium ui gekerf
4 eiers geklits
1 koppie room
1 koppie gerasperde cheddar kaas
1 eetlepel bruismeel
Voorverhit oond 180.C
Skil aartappels en sny in dun skyfies
Was aartappels goed af en druk oortollige water uit
Strooi sout en peper oor aartappels
Braai aartappelskyfies in die olie en botter mengsel tot gaar en goudbruin
Smeer tertpan liggies met botter
Pak die gebraaide aartappels om kors te vorm (onthou om die kante ook te pak)
Braai die spek (redelik crispy) en krummel
Braai die murgpampoentjies en uie in die spek olie pan
Meng die volgende saam: eiers, room, meel, sout, kaas, spek, murgpampoentjies, uie (maak seker die eiers, room en meel is goed gemeng)
Gooi mengsel oor die aartappel kors
Bak vir 50 min
(Visited 539 times, 1 visits today)
Advertisements