Aartappelwiggies

Dankie Jan v Niekerk vir jou resep
8 Mediumgrootte gewasde aartappels, in die skil
5 ml Borrie
20 ml Koekmeel
Sonneblomolie vir diepbraai
10 ml Cajun-spesery
Metode:
Kook die aartappels vir 15 minute. Dreineer en sny in wiggies. Meng die borrie en meel en strooi dit oor die wiggies. Skud die oortollige meel af. Verhit die olie in ‘n diep kastrol tot goed warm en braai die wiggies tot goedbruin en krakerig aan die buitekant. Dreineer op handdoekpapier en sprinkle die Cajun-spesery oor. Lewer 4 tot 6 porsies. Bedien saam met gebakte wors of ‘n Schnitsel van jou keuse.
Print Friendly, PDF & Email
(Visited 742 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *