Bestanddele
125 g botter
375 ml suiker
5 ml vanielje
3 eiers
625 ml koekmeel
20 ml bakpoeier
2,5 ml sout
200 ml melk
Metode
Verhit oond tot 180ºC. Smeer laagkoekpanne/diep koekpan/ 2 randkoekpanne en plaas gesmeerde papier onder in. Klop botter met ‘n houtlepel en voeg suiker geleidelik by. Klop tot lig en romerig en voeg geursel by. Voeg eiers een-een by en klop baie goed na elke byvoeging. Sif meel, bakpoeier en sout saam en voeg dit al siftende beurtelings met die melk by geroomde mengsel. Klop mengsel tot alles goed gemeng is en dit ‘n fluweelagtige voorkoms het. Moenie roer nie, maar klop. Skep beslag in voorbereide panne. Bak 25 -35 min lank. Keer koek dadelik op draadrak uit om af te koel.
Variasies:
Sjokoladekoek:
Sif 60 ml kakao saam met meel en bakpoeier en vermeerder botter tot 200 ml.
Lemoenkoek:
Laat vanielje weg en voeg gerasperde skil van 1 lemoen by en vervang ½k melk met lemoensap. Sit opmekaar met ‘n lemoenvulsel Klop 4 e botter en roer ¾k versiersuiker geleidelik by. Voeg 1-2 e lemoensap en 2 t gerasperde lemoenskil by en roer nog ¾k versiersuiker by.
Klapperkoek:
Voeg 1 k fyn klapper by mengsel en bak in laagkoekpanne.
Kolwyntjies:
Bak beslag 15 minute lank in gesmeerde kolwyntjiepanne. Die hoeveelheid is genoeg vir 30 -36 kolwyntjies.
(Visited 11,059 times, 1 visits today)
Advertisements
Lekker resep. Moes hom google het my “Kook en geniet” in n huisbrand verloor.
Dankie vir die plasing
Great resep; ek bak dit al sedert skooldae
Ek sal beslis hierdie resep bêre.
Baie dankie.
Groete uit die Kaap
Jeanne.