GEBAKTE PIESANGPOEDING


125 g botter                                                   
125 ml witsuiker
2 eiers                                                             
5 ml vanieljegeursel
2 ml sout                                                         
500 ml bruismeel
175 ml melk                                                  
 6 ryp piesangs, geskil
Sous:
2 pakkies (90g elk) kitspoeding, piesanggeur
1,25 liter vars melk
Verhit oond tot 180ºC.  Smeer oondvaste bak met volume van 3,5 liter.
Verroom die botter en suiker.  Voeg eiers, vanieljegeursel en sout by en klits goed.  Roer bruismeel en melk beurtelings by die eiermengsel.  Sny die piesangs in skyfies en meng liggies met die deeg.  Skep in die bak.
Klits poedingpoeier en melk goed saam (dit moenie stol nie) en gooi dit egalig oor die deeg.
Bak die poeding ongeveer 45 minute op die middelste oondrak totdat dit begin verbruin.  Sit dit warm voor.  Lewer 8 ‑ 10 ruim porsies.
Print Friendly, PDF & Email
(Visited 1,582 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *