Geelbek of Kabeljou Bobotie


Nog n resep van Jan van Niekerk
¼ Koppie rosyne
1 Eier
½ Koppie melk
2 Snye witbrood
15 ml Suurlemoensap
3 Teelepels vasmasala
1 Teelepel borrie
2 Wonderpeperkorrels
1 Kardomompeultjie
1 Groot ui
30 ml Botter
1 Eetlepel suiker
1 kg Gevlokte geelbek of kabeljou
4 Suurlemoenblare
2 Eiers
1 ½ Koppie melk
¼ Teelepel borrie
Metode:
Voorverhit die oond tot 180°C. Plaas die rosyne in ‘n koppie water en laat uitswel. Klits die eier en voeg die half koppie melk by. Klits deur. Sny die broodkorsies af en krummel die brood in ‘n kommetjie. Voeg die eier en melkmengsel, suurlemoensap, vis masala, borrie, wonderpeper en kardomomsaad by. Hou eenkant. Verhit die olie in ‘n swaarboompan en braai die ui sag. Voeg die suiker by en roer deur tot gesmelt. Sny die vis in blokkies en kook die vis in bietjie water tot sag. Vlok dit en haal al die grate uit. Meng die vis, eiermengsel. ui en rosyne saam en skep in gesmeerde terbak. Rol die suurlemoenblare op en druk in de gereg. Klits die orige eiers, 1 ½ koppie melk en borrie saaam en giet dit oor die gereg. Bak vir 30 minute. Bedien saam met ‘rys en tuisgemaakte perske-atjar. Lewer 6 tot 8 porsies.
Print Friendly, PDF & Email
(Visited 148 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *