Jan se vinnige ete

Nog so lekker gesels resep van Jan v Niekerk af

Vrou en dogter was vanaand net lus vir iets vinnings en nie te braai nie. So ons braai moreaand verseker.
Ek maak sommer ‘n vinnige aandete uit “Cheese Grillers”, Frankfurters met kaas in. Fyn aartappels en gemengde groente.
Fyn Aartappels:
5 Medium aartappels in blokkies gesny
3 ml Sout
5 ml Droë pietersielie
50 g Knoffelbotter
3 ml Varsgemaalde swartpeper
100 ml Melk
Metode:
Kook die aartappels in die soutwater en dreineer. Voeg die melk en botter by en druk goed fyn. Voeg die peper en pietersielie by en meng goed deur. 
Gemengde Groete:
Kook die groete in soutwatewr tot sag. Dreineer en voeg 50 ml botter/margerien by asook 3 ml sout en 3 ml varsgemaalde swartpeper. Roer deur.
Worsies:
Bak die worsies vir 6 minute in voorverhitte oond by 180°C.
Alles binne 40 minute voorberei en voorgesit.
Almalhet lekker geeet
Print Friendly, PDF & Email
(Visited 739 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *