KITS VLATERT


 500ml melk
 100ml suiker
 25ml vlapoeier
 10ml botter
 100ml suurlemoensap
 397g (1blik) kondensmelk
 1? pak Tennisbeskuitji­es
 Maak vla van die melk, suiker en vlapoeier. Voeg die botter daarby en laat dit effens afkoel. Klits die suurlemoensap en kondensmelk saam. Pak ‘n laag beskuitjies in ‘n reghoekige bak. Gooi die gekondenseerde melkmengsel daarop en smeer gelyk. Pak weer ‘n laag beskuitjies bo-op en gooi die louwarm vla daaroor. Rasper van die beskuitjies bo-oor en versier soos verkies. Laat dit goed afkoel.

Wenk….

Hi
i/s kitsvlatert (vandag resep van jou ontvang)
(Mag ek hier ‘n eiertjie lê?)
Ek het vanmiddag hierdie resep probeer maar vind die vlamengsel te ‘dun’
Ek het toe die volgende by die vlamengsel gevoeg:
1 jumbo geklitste eier
nog 10ml vlapoeier
½t vanillageursel
paar druppels amandelgeursel
Die tert is smullekker – baie dankie
Maraietjie
Print Friendly, PDF & Email
(Visited 6,184 times, 1 visits today)
Advertisements

2 thoughts on “KITS VLATERT”

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *