3 ekstra‑groot eiers
250 ml bruismeel
250 ml strooisuiker
knypie sout
50 ml koue water
fyn appelkooskonfyt
Smeer pan, voer uit met waspapier, smeer weer. Strooi met meel.
Klits gele goed. Klits suiker geleidelik by en klits tot dik. Klits water geleidelik by. Sif meel en sout saam op eiermengsel en vou in. Klits witte styf. Roer bietjie wit by eiermengsel. Vou die res liggies by. Gooi in rolkoekpan en smeer gelyk. Bak 10 ‑ 12 minute op middelste oondrak tot ligte goudbruin.
(Visited 508 times, 1 visits today)
Advertisements