ROOMKAAS‑PASTEIDEEG


2 k koekmeel
2 ml sout
300 g botter, by kamertemperatuur
1 x 250 g roomkaas
Meng meel en sout.  Vryf die botter (dit moet sag wees, maar nie pap nie) goed met die vingers in die meelmengsel in totdat dit frummeltjies is.  Voeg die roomkaas by en werk dit goed deur die mengsel.  Bedek en verkoel ‘n uur lank (of totdat dit styf genoeg is om uitgerol te word) in die yskas.
Rol die deeg dun uit op ‘n marmerblad of deegplank wat mildelik met meel bestuif is.  Sorg dat die rolstok ook met meel bestuif is.
Die deeg is genoeg vir 18 ronde vleispasteitjies.
Print Friendly, PDF & Email
(Visited 537 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *