Smaaklike pasta- en Maalvleisgereg

125 g Macaroni (2 koppies)
30 ml Sonneblomolie
500 g Maer maalvleis
1 Ui, gekap
1 Blik 410g Tamatie Puree
15 ml Vars kruie of
5 ml Droë gemengde kruie
5 ml Sout
3 ml Varsgemaalde swartpeper

Kaassous:
30 ml Botter of Margerien
30 ml Koekmeel
3 ml Sout
3 ml Varsgemaalde swartpeper
375 ml Melk
125 ml Gerasperde cheddarkaas

Metode:
Verhit die olie in ‘n swaarboompan en braai die ui sag. Voeg die maalvleis by en braai bruin. Voeg die geurmiddels en tamatiepuree by en prut 5 minute. Skep die helfte van die vleis in ‘n oondbak en strooi een koppie macaroni oor. Skep die ander helfte van die vleis oor en strooi die ander koppie pasta oor. Skep die kaassous bo-oor en bak in voorverhitte oond by 180°C vir 40 minute.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 597 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *