SPESERYHOENDERKERRIE

5 ml borrie
25 ml kookolie
1 stuk gemmerwortel, geskil en gerasper
1,25 kg hoenderstukke
sout en swartpeper
50 ml meelblom
100 ml sultanas
15 ml kerrie
2 groot uie, gekap
2 knoffelhuisies, gekneus
5 ml fyn kaneel
2 kookappels, in blokkies
5 ml fyn koljander
500 ml gegeurde hoenderaftreksel
2 ml fyn komyn
15 ml heuning
25 ml tamatiepasta
25 ml blatjang,  gerasperde skil van halwe suurlemoen

Verhit olie en verbruin hoender.  Skep uit in skottel en geur.  Voeg nog bietjie olie in kastrol indien nodig en soteer uie, knoffel, appels en gemmer.  Wanneer dit sag word, strooi mielieblom, kerriepoeier en speserye in.  Voeg aftreksel stadig by en roer totdat dit kook.  Roer sultanas, heuning, tamatiepasta, blatjang en suurlemoenskil in.  Die sous sal dik wees.  Skep oor hoender, bedek en bak 90 min by 160ºC.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 116 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *