Aartappelsaai ~ Jan 5 (Eiers, kruie)

Nog ‘n skepping van Jan van Niekerk

Die dag was maar stil toe kom ek so twee uur huis toe. My vrou vra of ek nie
wil ‘n stukkie hoender braai nie. Ek maak toe die volgende aartappelslaai
wat nogal baie lekker uitgekom het.

Hoop ons vriende geniet dit ook soos my mense.
4 Groot aartappels
1 Groot ui
1 Groen soetrissie
3 Hard gekookte eiers
250 ml Cross & Blackwell Mayonaize
30 ml Kondensmelk
15 ml Varsgekapte grasui
30 ml Fyn gekapte pietersielie of 5 ml droë pietersielie
5 ml Oreganum
3 ml Tiemie
5 ml Varsgemaalde swartpeper
3 ml Cayenne peper
3 ml Paprika

Metode:
Kook aartappels vir 18 minute in soutwater, spoel af met koue water en trek skille af.  Sny in blokkies of skywe soos verkies en plaas in slaaibak.  Kerf ui en soetrissie fyn en hou eenkant. Kook eiers vir 10 minute en plaas in koue water. Dop af en sny in blokkies. 

SOUS
Meng mayonnaize, kondensmelk, pietersielie, grasui, tiemie. oreganum, peper en cayenne peper saam.  Gooi oor slaai en meng goed deur met ‘n vurk.  Voeg die eierblokkies by en meng liggies. Sprinkel Paprika oor..  Laat afkoel in yskas.  Verkieslik oornag. Lewer 4 tot 6 porsies.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 217 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *