ANZAC BESKUITJIES

125 g botter
15 ml gouestroop

30 ml kookwater
7 ml koeksoda
250 ml hawermout
200 ml klapper
250 ml koekmeel
250 ml suiker
Smelt botter en stroop oor lae hitte.  Voeg kookwater gemeng met soda by.  Roer droë bestanddele by en meng goed.  Drup teelepelsvol van mengsel op gesmeerde bakplate, laat genoeg spasie tussen koekies.  Bak by 150ºC vir 20 minute.  Verkoel vir ‘n paar minute, verwyder dan uit pan.  Stoor in lugdigte houers.  Maak ongeveer 48 koekies.
Print Friendly, PDF & Email
(Visited 120 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *