Beesvleiskerrie

Jan van Niekerk

Jan sê dit is die perfekte dis vir ‘n koue wintersaand

Die resep kom van my ma af wat ek met die tyd so bietjie aangepas het. Kerrie in die winter is tog te lekker en my ma ma het geweet hoe om ons harte te steel met ‘n lekker bord kerrie en mielierys. Ek kook ongelukkig nie meer mielierys nie, want my mense hou nie daarvan nie..

2 kg Bees kookvleis in blokkies gesny
3 Groot uie
20 Baba aartappeltjies, geskil
500 g Baba worteltjes
15 ml Botter
15 ml Sonneblomolie
2 Groot ryp tamaties
250 m Kookwater
5 ml Varsgemaalde knoffel
10 ml Sout
5 ml Gemaalde Rissievlokkies
10 ml Borrie
5 ml Vinkel
5 ml Fynkomyn
5 ml Koljander
15 ml Suurlemoensap
50 ml Asyn
50 ml Vrugteblatjang

Metode:
Verhit die botter en olie in ‘n swaarboompot en braai die vleis bruin. Haal uit en hou eenkant. Braai die ui in dieselfde olie vir 5 minute. Voeg die knoffel by en braai 3 minute. Plaas die vleis terug in die pot en voeg die kookwater by. Plaas die deksel op en prut vir 1 ½ uur. Meng intussen die asyn en suurlemoensap saam en voeg al die speserye by. Meng goed deur en voeg by die vleis. Voeg die aartappels en wortels by en prut vir 30 minute. Bedien met rys of stampmielies.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 450 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *