Biltong

Biltong ala Jan van Niekerk

3,5 kg Garing- besvleis
300 g Growwe sout
250 g Bruinsuiker
250 ml Bruinasyn
25 g Salpeter
25 g Fyngestampte koljander
5 ml Wonderpeper
5 l Kookwater
½ Bottel asyn
Metode:
Laat die slagter vir jou die biltonge sny, of as jy self slag, sny die vleis in stroke van 2,5 x 5 cm stroke. Meng die growwe sout en bruinsuiker en vryf die vleis goed daarmee in. Pak die stukke in ‘n plastiekbak en sprinkle asyn oor elke laag. Die biltong sal sy eie pekel trek. Laat staan oornag in die mengsel.
Kook die volgende dag 5 l water en voeg die asyn by. Doop die vleis afsonderlik in die kookwater en vryf die speserye in die vleis. Steek draadhakkies deur di eenkant van die vleis, of ryg stukkies lyn deur die vleis. Hang die biltonge buite of in eventileerde vertrek en sorg dat hulle nie aanmekaar raak nie. Laat hang ‘n paar dae en toets wanneer dit droog genoeg is na jou smaak. Sny in skywe en geniet. Dis heerlik op vars brood en botter.
Print Friendly, PDF & Email
(Visited 213 times, 1 visits today)
Advertisements
 

2 thoughts on “Biltong”

  1. Kan mens al die bestandele behalwe die koljander in die water/asyn mengsel gooi en oornag die vleis daarin le? Dan die volgende oggend uithaal, afdroog en hang?

     

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *