DIEP GEBOTTERDE SUURLEMOEN HOENDER

Ilse Breitenbach
BB Motors Tzaneen

Benodigehede:
250g Gesoute Botter
Soet Basiel
Pietersielie
Swartpeper
½ koppie Olyfollie
Fyngekapte Knoffel
Marinda Braai Sout met Suurlemoenpeper
1 Heel Hoender
Een en ‘n halwe Suurlemoen
10 Baba Aartappels
‘n Blikkie Gekapte Sampioene in Brine

Metode:

Vat die Basiel, Knoffel, Swartpeper en Pietersiele en dan meng jy dit met jou hande deur die botter na smaak, maar nie te veel nie. Meng ‘n halwe koppie Olyfolie en een suurlemoen se sap deur die botter mengsel. Vat die heel ondooide hoender en werk nou met jou wys en middel vinger die bottermengsel onder die vel in. Wees versigtig om nie die vel te skeer nie. Waar jy nie onder die vel kan inkom nie, veral op die duie, kan jy net ‘n klein snytjie in die velletjie maak en sodoende die botter mengsel reg deur tot onder die boudjies se velle in werk. Sit nou die hoender in ‘n staal bak saam met die baba aartappels en sampioene. Sprinkel die Marinda Braai sout oor saam met nog bietjie pietersielie. Die oortollige botter mengsel kan jy in die binnekant van die hoender inwerk sowel as die halwe suurlemoen. Trek nou die bokant van die staal bak oor met foelie. Sit die staalbak met die hoender in jou WEBER met matige kole vir 15 min. Na die 15 min kan jy die foelie afhaal en dan die deksel van die Weber terugsit vir nog so 20 min.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 512 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *