Hexrivier Bobotie

( Uit Boerekos)
Nog een van jan van Niekerk se gunsteling resepte
5 Koppies gaar skaap boudvleis, gemaal
1 Groot ui
30 ml Sonneblomolie
5 ml Suiker
30 ml Appelkooskonfyt
2 Stukkies steranys
3 ml Fyn Komyn
5 ml Kerrie
10 ml Borrie
4 Suurlemoenblare
185 ml Asyn
3 ml Fyn Naeltjies
5 ml Fyn Wonderpeper
185 ml Gemengde koekvrugte
250 ml Vleissous
5 ml Sout
5 ml Varsgemaalde swartpeper
Sous vir bo-oor
2 Eiers
10 ml Borrie
3 ml Sout
50 ml Lou melk
Meode:
Braai die ui in die olie en strooi die suiker oor dat dit mooi bruin kan word. Voeg die res van die bestanddele behalwe die suurlemoenblare, vleis en die sous by en meng goed deur. Roerbraai vir 5 minute. Voeg die vleis en die sous by en roerbraai nog 10 minute. Skep in ‘n oondbak. Rol die blare op en druk hier en daar in die vleis. Klits die eiers en voeg die sout, borrie en melk by. Meng goed en giet oor die gereg in die bak. Bak vir 15 minute in voorverhitte oond by 200°C en dan 30 minute teen 180°C. Sit voor met rys en groente van jou keuse.
Print Friendly, PDF & Email
(Visited 110 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *