HOENDERBORSIES KIEV

4 hoenderborsies, platgekap en goed gegeur                             
5 t gekapte pietersielie
50 ml meelblom
90 g (100ml) botter                                     
2 eiers, geklits met 50 ml melk
gerasperde skil van 1 suurlemoen                         
2 k vars broodkrummels
20 ml suurlemoensap
1 fyngedrukte knoffelhuisie

Room botter met skil en sap.  Voeg 1 ml sout en 2 ml peper by en klop goed.  Voeg knoffel en pietersielie by.  Klop goed.  Vorm ‘n rol met behulp van waspapier en laat in koelkas hard word.  Sodra dit hard is, verdeel tussen die 4 hoenderborsies.  Steek goed vas met peuselstokkies.  Rol in meelblom, dan in eiermengsel en dan in broodkrummels.  Hou minstens 2 ure in koelkas.  Bak dan 20 min lank in warm olie.  Sit dadelik voor.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 206 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *