Hoofstuk 3 (Vleis) Beesvleis met spek

Beesvleis met spek

Sny beesvleis in dun stukkies so groot soos ‘n hand. Kneus dit, was dit af en sout en peper dit. Neem nou spek en sny dit in repies-so lank soos die stukkies vleis en so dik soos ‘n pinkie. Twee stukkies spek vir elke stukkie vleis. Rol dit mooi toe in die vleis en bind dit vas met sterk gare. Sit dit in ‘n kastrol met water-ongeveer ‘n bottel vol-maak dit goed toe en stowe op ‘n stadige vuur totdat dit gaar is. Haal uit op ‘n warm skottel. Neem nou ‘n teelepeltjie vol meelblom of maizena, maak dit aan met ‘n kelkie vol wyn of asyn en ‘n lepel vol Worcestersous. Roer dit by die sous in die kastrol en laat dit ‘n paar minute kook. Haal die garedrade van die vleisrolletjies af en gooi sie sous oor die vleis.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 74 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *