Hoofstuk 3 (Vleis) Deeg-Frikadelletjies

Deeg-Frikadelletjies

Maak frikadelletjies van 2 lb (907 g maak dit maar ‘n kilogram) en maak dit gaar in ‘n pan of kastrol. Haal dit uit voor dit te droog is. Neem nou 2lb (907 g) meelblom en ‘n bietjie sout en roer 1 eier en ‘n halwe pakkie bakpoeier (5 g) of soda daarin. Meng dit goed en voeg melk en water by totdat die deeg van die lepel afval – nie afloop nie. Sit nou elke frikadel in die deeg en bak dit in warm vet. neem nou 112 (een en ‘n half) maizena en maak dit aan mel melk of asyn. Roer dit by die sous wat in die kastrol oor is en laat opkook. Bedien die sous saam met frikkadelletjies.

Mev Dykman het nie in die resep vertel hoe sy die frikadelle gemaak het nie. Seker omdat dit sy aangeneem het elke vrou het haar eie resep vir frikadelle. Ek plaas nou hier ‘n resep van frikadelle wat ek op www.sarie.com se webblad gekry het.

Wen-frikkadel!
(genoeg vir 8 mense)
  • 3 snye dik witbrood (korsies afgesny)
  • 125 ml karringmelk
  • 1 eier
  • 1 kg maer beesmaalvleis
  • 60 ml asyn
  • 15 ml worcestersous
  • 125 ml vars pietersielie, gekap
  • 1 ui, gerasper
  • 15 ml sout
  • 15 ml fyn koljander
  • 2,5 ml matige kerriepoeier
  • paar draaie varsgemaalde swartpeper
Print Friendly, PDF & Email
(Visited 512 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *