Hoofstuk 3 (Vleis) Karmenaadjie no 1

Karmenaadjie no 1

In die resep lyk dit asof dit steak kan wees.

Neem karmenaadjies, was dit goed af en kenus dit met ‘n houthamer. Sout en peper dir en rol dit in geklitste eier en krummels. Bak dit in ‘n warm pan. Suurlemoensap gee ‘n lekker geur daaraan,


 Verduideliking: Karmenaadjie beteken een van drie dinge 1) Karmenaadjie. Dis ’n skotteltjie gasvryheid wat aangedra word na die nuwe bure. Of ’n vleisgeskenk, afgekerf van jou gesin se maaltyd en aangebied met ’n oop gemoed. 2) ’n Lekker stukkie vleis, oorspronklik uit Frans carbonnade “vleis wat oor die kole gebraai is”. 3)  ‘n Karmenaadjie is inderdaad ‘n geskenkpakkie vars vleis wat gewoonlik gegee word na die skaap of bees geslag is.


Print Friendly, PDF & Email
(Visited 626 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *