Knoffelbroodjies:

Hier is Jan van Niekerk se knoffelbroodjies
12 x Worsbroodrolletjies
30 ml Sonneblomolie
1 x 250g Botteltjie kaassmeer
1 x 250 g Botter of margerien
5 ml Gemengde kruie
20 ml Varsgekapte pietersielie
250 g Streepspek
1 Groot uie fyn gekerf
1 Groen soetrissie in klein blokkies gesny
15 ml Varsgemaalde knoffel
Metode:
Sny die broodrolletjies in die lengte oop, maar moenie by die kopkante oopsny nie. Verhit die olie in ‘n pan. Sny die spek in stukkies en braai saam met die ui, soetrissie en knoffel vir 10 minute.  Laat goed afkoel. Meng al die bestanddele saam en smeer dit lekker dik in die brodrolletjies. Draai die broodjies in foelie toe en braai oor die kole vir 10 minute. Lewer 12 broodjies. Jy kan die broodjies klaarmaak en vries en dan braai wanneer jy dit benodig.
Print Friendly, PDF & Email
(Visited 358 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *