KRAKELINGE (beskuit)

Nog ‘n wenner van Sarie du Randt.

2,50 kg koekmeel
2 pakkies kitssuurdeeg
5t sout 
1,5 k suiker
500g storkbake
4k warm water
Halwe koppie olie
Meng meel, sout en suurdeeg goed.
Smelt storkbake.
Meng water, suiker tot gesmelt.
Voeg storkbake en olie by watermengsel
Meng storkbake mengsel by meel mengsel.
Voeg nog water by indien nodig en knie tot ‘n elastiese deeg.
Laat om te rys.
Breek stukke deeg af,  druk effe plat en rol uit tot ongeveer 2,5 cm dikte, 
Sny in 6cm breedte, sny in helfte en vleg die 2 repe deeg oormekaar (soos ‘n koeksister)
Laat staan om weer te rys.
Bak in oond van 180c vir ongeveer 35 minute
Laat goed afkoel, rol versigtig van mekaar af en droog  in oond van  ong 100c
Print Friendly, PDF & Email
(Visited 481 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *