Lekker Muesli Beskuit

 Nog n Jan van Niekerk wenresep
500 g Margerien of Botter
500 ml Bruinsuiker
500 ml Amazi of Karringmelk (suurmelk)
2 Ekstra groot eiers, geklits
4 ½ k Muesli mengsel
1 kg Bruismeel
10 ml Bakpoeier
5 ml Sout
Muesli mengsel:
500 ml “Schredded Brand” Pick & Pay Muesli
250 ml Semels
4 Nutrifix blokkies, fyn gemaak
500 ml Hawermout
Meng ales saam en gebruik in beskuit
Metode:
Smelt die margerien/botter in ‘n kastrol. Voeg die suiker by en roer tot heeltemal opgelos.Klits die eiers en meng met die amazi of karringmelk en voeg by die margerien. Meng goed en laat afkoel.
Meng die meel, muesli, bakpoeier en sout saam. Giet die bottermengsel oor en roer goed deur. Skep in oondpan en bak 1 uur by 180°C. Keer uit op droograk en laat afkoel. Sny in vingerbeskuite en droog in oond op 100°C vir 10 ure. 
Print Friendly, PDF & Email
(Visited 6,281 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *